Entertainment
Woordstroom: Meer, meeste, Möller─── 13:36 Tue, 07 Feb 2023
Gerben van Niekerk praat met die legendariese Pieter Möller oor sy studentedae, sy betrokkenheid in die landbou en waarvoor hy onthou sou wou word.
Pieter verduidelik ook hoekom 'n mens nie jag van 'n bakkie as jag kan beskou nie, hoe hy sy ma baie in trane gehad het en waarvoor hy die meeste by sy vrou raas kry.
Gerben het hom uitgevra oor:
(00:20) Sy studentedae en koshuislewe
(07:47) Hoe hy in die landbou beland het
(14:57) Dinge wat hom pla
(21:05) Sy nuwe huwelik en waaroor hy die meeste raas kry
(26:22) Waarvoor oupa Pieter Möller eendag onthou sou wou word
Om na ander episodes te luister, besoek gerus Woordstroom.
Pieter het in PE en Kimberley grootgeword en aan die Hoërskool Diamantveld gematrikuleer.
Hy het 'n Sosiale Wetenskapstudie-graad verwerf met 'n nagraadse kwalifikasie, met arbeidsverhoudinge as hoofvak.
In sy werksloopbaan was hy betrokke by verskeie maatskappye insluitend die SA Vloot en toe Vrystaat Landbou as HUB. Hy is tans by die NWU in Potchefstroom.
Sy radioloopbaan strek oor meer as 27 jaar. Hy het in 1999 as vryskutaanbieder by OFM aangesluit en in 2007 as voltydse aanbieder en sedert 2013 weer vryskut.
Pieter fasiliteer gereeld konferensies, webinaars, seminare, strategiese beplanning en spanbousessies en is ook 'n bekende motiveringspreker. Hy tree gereeld op as MS / programleier / gasspreker vir korporatiewe en ander funksies.
Hy is 'n handelsmerkambassadeur vir verskeie maatskappye en geniet dit baie om te reis. Hy beskou homself as 'n meningsvormer, is lief vir sport en is 'n kranige langafstand-hardloper, wat verskeie ultra-marathons voltooi het, naamlik Comrades, Two Oceans en New York. Hy skat dat hy in die afgelope 35 jaar 'n totaal van meer as 40 000 km’s oor die hele wêreld gehardloop het!
