On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Entertainment

LUISTER: “Hoe kan iemand vir jou moeilikheid gee as jy die waarheid praat?”- Nataniël

───   10:00 Tue, 21 Feb 2023

LUISTER: “Hoe kan iemand vir jou moeilikheid gee as jy die waarheid praat?”- Nataniël | News Article
Margaret Whitfield en Shandor Potgieter van die Good Morning Breakfast saam met Nataniël.

Suid-Afrikaanse ikoon Nataniël het vandeesweek by die Good Morning Breakfast op OFM kom inloer om te gesels oor sy vertoning in Bloemfontein en oudergewoonte kosbare lewenswyshede te deel.

“Die internet weet van my niks…” skerts die kunstenaar bykans met die intrapslag toe Shandor Potgieter hom pols oor sy ouderdom.

“My ouderdom is al vir jare verkeerd in die koerante. Net my ginekoloog weet wat is my ouderdom en niemand anders nie.”

Nataniël deel verder sy mening oor die hedendaagse morele bewustheid en dat hy onbeskaamd ná al die jare nog net homself is.

Nataniël het op 22 Februarie 2023 saam met Marcel Dednam (klavier), Werner Spies (bas), Peter Auret (tromme) asook sangers Dihan Slabbert en Nicolaas Swart in die Sand Du Plessis-teater in Bloemfontein opgetree met ‘n splinternuwe produksie "Six in a boat".

LEES OOK: Bloemfontein is reg vir Nataniël se terugkeer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.