On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Entertainment

Ware liefde die grootste Valentynsgeskenk

───   09:38 Thu, 15 Feb 2024

Ware liefde die grootste Valentynsgeskenk | News Article
DJ Zinhle en haar man, Mörda. Foto: Instagram

“Valentynsgeskenke nie belangrik nie, maar wel liefde en geselskap.”

Blomme, sjokolade, sagte teddiebere, diamante en selfs pêrels is van die geskenke wat vroue wêreldwyd op Valentynsdag ontvang het.

Min vroue het seker nie een hiervan van hul geliefde gekry het nie. Een van hulle is die bekroonde DJ Zinhle Jiyane, wat erken het dat sy vir haar man gesê het om nie vanjaar ’n bohaai oor geskenke te maak nie.


Op haar Instagram Stories het sy ’n videogreep geplaas wat sê dat “Valentynsdag so stresvol is vir mans”. In plaas daarvan om haar man onder druk te plaas oor Valentynsgeskenke, het sy met ’n warm water-en-suurlemoendrankie ontspan voordat sy Pilates-oefeninge sou doen.

“Ek het vir my man (Mörda) gesê om nie vanjaar oor Valentynsdag te stres nie, want ons werk aan ’n groot projek en ons moet al die geld spaar… maar, hy was steeds gestres.”



Wat vir haar belangrik was, was nie die Valentynsgeskenke nie, maar die liefde en geselskap.

Die glanspaar het hierdie ewige liefde getoon in ’n onderhoud vir die Januarie-Maart 2024-uitgawe van die Suid-Afrikaanse leefstyltydskrif “True Love”. Daarin praat hulle oor hedendaagse ouerskap, hul liefde wat in die kollig is en hoe hulle hul nalatenskap bou.


Vroeër vanjaar het DJ Zinhle en Mörda hul #couplegoals bekend gemaak terwyl hulle ’n luukse vakansie in die eksotiese Bali geniet het. Die egpaar se reis is gekenmerk deur uiteenlopende ontspanningsaktiwiteite in die eiland se skilderagtige omgewings.

Die reis was ’n positiewe begin vir die nuwe jaar vir haar in afwagting op die goeie tye wat voorlê.

OFM Nuus/James Williams cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.