On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Entertainment

Jannie du Toit bring sy musiek na Bloemfontein vir hawe vir gestremdes

───   ELSABÉ DE JAGER 11:32 Tue, 05 Mar 2024

Jannie du Toit bring sy musiek na Bloemfontein vir hawe vir gestremdes | News Article
Jannie du Toit tydens een van sy Oppiekitaar-optredes. Foto verskaf

Op 72 is dié sanger se stem nog lank nie stil nie.

“Vir een keer vat ek net my kitaar en ek sing my eie liedjies wat ek oor afgelope 50 jaar geskryf het, tydens hierdie program.”

So gesels die sanger en liriekskrywer Jannie du Toit oor sy optrede op Sondagmiddag 17 Maart in die Planetarium in Bloemfontein. “Dié program word spesifiek in Bloemfontein aangebied, in samewerking én ten bate van die Jean Webber-tehuis, ’n hawe vir mense met gestremdhede,” sê hy.

Op 17 Maart sal dit net Jannie en sy kitaar wees wat sorg vir die vermaak. Foto verskaf

Du Toit, wat in die sewentigerjare sy eerste liedjies begin skryf het, sê hy het sedert sy universiteitsdae die uitdaging aangegryp om Afrikaanse musiek in verskillende genres te ontwikkel. “Daar moet deurentyd ’n goeie balans tussen musiek en liriek wees,” benadruk hy.

Op 72 is dié sanger se stem nog lank nie stil nie. Hy onderbreek sy reis na Bloemfontein met nóg ’n Vrystaatse optrede op 16 Maart op Rosendal. Ná die twee konserte vat hy die pad na die KKNK op Oudtshoorn, waar hy gehore sal bekoor met sy program Margaretastraat.

Die Planetarium op Naval Hill gooi sy deure oop vir vele konserte. Foto: Google.com, Arnold Petersen

 Vir Du Toit lê die mense van die Jean Webber-tehuis na aan die hart. Hy sien daarna uit om met sy opkomende optrede vir die inwoners “’n rede te help gee om in die toekoms te glo en aan hulle te te wys dat almal welkom is en gerespekteer kan word in hierdie wêreld”.

OFM Nuus/Elsabé de Jager cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.