On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Entertainment

Dié boek sal jou anders na die kleurvolle wêreld laat kyk

───   KAREN VAN DER BERG 12:41 Thu, 14 Nov 2024

Dié boek sal jou anders na die kleurvolle wêreld laat kyk | News Article
Dominique Saayman, skrywer en illustreerder van die boek, My funny glasses and me. Foto: René van der Vyver

’n Eiesoortige swart-en-wit-kinderboek met die doel om bewustheid oor kleurblindheid te verhoog, is pas bekend gestel.

My funny glasses and me is deur Dominique Saayman geskryf en geïllustreer. Die boek is Woensdagaand (13/11) in Potchefstroom bekend gestel.

René van der Vyver, die woordvoerder van Idea Smuggler wat die boekbekendstelling behartig het, sê die boek is geskryf nadat omvattende navorsing oor kleurblindheid gedoen is. Daar is bevind kinders wat kleurblind is, voel dikwels uitgesluit en eensaam.

Dominique Saayman teken boeke tydens die bekendstelling. Foto: René van der Vyver

“Die besonderse monochromatiese ontwerp verseker dat kinders die boek op dieselfde manier kan ervaar, ongeag hul vermoë om kleur te sien. Die oorsprong van hierdie inisiatief lê in navorsing wat bewys dat een uit elke twaalf mans ’n mate van kleurblindheid het. Een uit  elke tweehonderd vroue ly ook daaraan.”

Saayman het in 2020 as honneursstudent in grafiese ontwerp aan die Noordwes-Universiteit besluit om navorsing oor kleurblindheid te doen.

“Vir kinders met kleurblindheid kan die ervaring van boeklees dikwels lei tot gevoelens van uitsluiting, veral wanneer hul maats die wêreld op ’n manier sien waarmee hulle nie ten volle kan vereenselwig nie.”

Dominique Saayman lees voor uit ‘My funny glasses and me’. Foto: René van der Vyver

Met die boek poog sy om die fokus van beperking na bemagtiging te verskuif en bied ’n verhaal waar ’n jong seun met totale kleurblindheid leer om sy verskille te omarm en selfvertroue in sy eie vermoëns te vind.

Saayman is dankbaar vir die geleentheid om die onderwerp uit te lig en sê sy hoop dit kan ’n verskil in mense se lewens maak.

Die boek is vir kinders tussen ses en nege jarige ouderdom geskryf, het groot swart-en-wit-illustrasies, en vertel die storie van ’n seun met sy “kleurblind-bril” in ’n rymformaat.

OFM Nuus/Karen van den Berg mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.