Entertainment
Alle paaie lei na Fraserburg vir jeugdramageleentheid─── 11:04 Tue, 15 Jul 2025
Sponsored11:04 Tue, 15 Jul 2025
Die Fraserburg Logan Toneelfees is Suid-Afrika se grootste en oudste jeugdramageleentheid. Dit is opvallend ook die langslopende Afrikaanse fees wat op een plek aangebied word.
Dit vind jaarliks plaas tydens die eerste week van Augustus en speel af in die ouditorium van Hoërskool Fraserburg, wat as ‘n lojale ondersteuner van die fees dien. Tydens die fees word daar ook ‘n verskil gemaak in die gemeenskap se lewens met spesifieke fokus op kinders as begunsdigdes van die “Be The Good” inisiatief.
Oscar van Antwerpen, HUB van Minrom en stigter van “Be The Good”, sluit by Yolanda Maartens aan en vertel oor die besonderse gebeure wat plaasvind tydens die Logan Toneelfees sowel as die fossielpraatjies wat die publiek kan ondersteun.
- 29 Julie – 2 Augustus
Hoërskool Fraserburg, Meyburgstraat, Fraserburg, Noord-Kaap
Tydens vanjaar se Logan Toneelfees wag daar ’n unieke ervaring op jong én ou fossielliefhebbers! Sluit aan by die paleontoloog Jaco Groenewald vir boeiende fossielpraatjies en ’n uitstalling by die Hoërskool Fraserburg. Daarna kan jy self die wêreldbekende fossielvoetspore van Fraserburg gaan verken saam met Marinda op ’n begeleide uitstappie.
Opsies en kostes:
Fossielpraatjies alleen: R55 per persoon
Tye: 08:00–08:45 | 14:00–14:45Fossielpraatjies én uitstappie: R100 per persoon
Tye: 08:00–10:30 | 14:00–16:30
- Kaartjies beskikbaar op Quicket onder:
Logan Toneelfees Fossil Talks of Logan Toneelfees Fossil Talks and Excursion
Kry meer besonderhede by logantoneelfees.co.za