Entertainment
Yonder Hartsfees bring Kimberley saam vir ’n fees met hart─── 14:39 Thu, 21 Aug 2025
Sponsored14:39 Thu, 21 Aug 2025
Kimberley se jaarlikse Yonder Hartsfees vind van 4 tot 7 September by MaluPark plaas en beloof om weer duisende mense met musiek, kos en gesinsvermaak te lok – alles ter ondersteuning van mense met gestremdhede.
Volgens Jannie van Zyl, direkteur van die Noord-Kaapse Geestesgesondheidsvereniging, lê die hart van die fees in die stories van mense met gestremdhede. “Elke hart vertel ’n storie – by die fees kry hulle die kans om dié stories uit te leef en te wys. Alles wat besoekers daar sien, van bankies tot terreinversorging, word deur hulle self gedoen.”
Die program sluit groot name in soos Spoegwolf (Vrydag), Blackbird (Saterdag) en Emo Adams (met die besigheidsnetwerk-geleentheid) in, met plaaslike kunstenaars wat Donderdagaand die verhoog oorneem.
’n Nuwe toevoeging is ’n mascot-danskompetisie, wat Saterdag ten tyde van die rugbytoets tussen die Springbokke teen die All Blacks-rugby op die groot skerm gehou word.
Behalwe musiek en dans is daar ’n plaasontbyt met krummelpap, skaapstertjies en roosterkoek, ’n kinderpark, uitstallings, ’n loopbaanexpo vir leerders, handwerkstalletjies en ’n nuwe DJ-kompetisie.
Kaartjies is beskikbaar via OpenTickets, met weekpakkette wat toegang tot alle vertonings bied. Van Zyl sê verlede jaar het sowat 24 000 mense die fees bygewoon en vanjaar word gehoop om meer as 30 000 te lok.
OFM cvs(compiled EBK)