Entertainment
Klerksdorp 7’s – sport, musiek en feesviering!─── 08:43 Tue, 23 Sep 2025
Sponsored08:43 Tue, 23 Sep 2025
Klerksdorp 7’s het 15 jaar gelede ontstaan en groei elke jaar net groter. Vanjaar se fees begin Vrydag (26/0) met ’n gholfdag op die Orkney-gholfbaan.
Organiseerder Raymond Vermeulen gesels met Kayla Barker om meer te vertel:
190 spelers neem deel, met bekendes soos Pieter Smith, Qman & Borrie, en die voormalige Leeus-rugbyspelers JP en Ruan Smith. Die dag is oop vir die publiek – so kom ondersteun en kuier saam. Raymond bedank plaaslike besighede vir hul lojale ondersteuning; talle vierballe bestaan uit bekende sakemanne.
Op 27 September is dit tyd vir die rolbaltoernooi by die Klerksdorp Rolbalklub, met drie afdelings:
- Sosiale spelers
- Beginners wat nog nooit gespeel het nie
- Professionele klubspelers
- Danny Smoke sorg vir ‘live entertainment’ en ’n feestelike atmosfeer.
Die hooffees vind plaas op 3 en 4 Oktober op Hoërskool Klerksdorp (KHS) se skoolgronde:
- Sportsoorte sluit in rugby, netbal, dodgeball en hokkie, met sowat 1 600 deelnemers.
- Heerlike stalletjies en kosmaak die terrein ’n fees vir die hele gesin.
- Saans bars die verhoog uit met topkunstenaars.
Vrydag 3 Oktober
- Arno Jordaan
- Deon Groot
- Juan Boucher
- Barto
- Robbie Wessels
- Loufi
Saterdag 4 Oktober
- Wikus Botma
- Jo Black
- Richann Brussow Wentzel
- Tamlyn Wessels
- Synth Peter