Entertainment
’n Afrika-Kersfees Wonderland wag by die Vrystaat Nasorgsentrum!─── 11:33 Thu, 12 Nov 2026
Sponsored11:33 Thu, 12 Nov 2026
Die feestyd is om die draai, en Bloemfontein maak gereed vir ‘n Kersfeeservaring soos min!
Die gewilde Vrystaat Nasorgsentrum Liggiefees is terug vir die vierde agtereenvolgende jaar, en vanjaar beloof dit om GROTER, BETER en nóg meer besonders te wees!
Van 13 tot 28 November 2026 word die Vrystaat Nasorgsentrum omskep in ‘n betowerende Afrika-Kersfees Wonderland, waar duisende sprankelende liggies, feestelike versierings en ‘n unieke Afrika-atmosfeer saam ‘n onvergeetlike belewenis skep.
Maak gereed vir hope Kersfeespret en vermaak vir die hele gesin! Kuier saam met geliefdes, geniet heerlike basaarkos en beleef die besondere atmosfeer wat net die Kersseisoen kan bring. Of jy nou die pragtige ligvertonings wil bewonder, die kinders wil bederf met ‘n aand vol pret, of bloot saam met familie en vriende wil kuier - hier is iets vir almal.
Dis meer as net ‘n fees van liggies, dis ‘n geleentheid om saam te kom, vreugde te deel en kosbare herinneringe te maak. ‘n Plek waar oud en jonk die wonder van Kersfees kan ervaar en waar elke draai ‘n nuwe stukkie feestyd-betowering inhou.
Die beste van alles? Toegang is gratis (donasies welkom)! Jou bydrae help ook om die waardevolle werk van die Vrystaat Nasorgsentrum te ondersteun.
Bring dus die familie, nooi jou vriende en maak seker jy mis nie hierdie besondere feeservaring nie!
DATUM: 13–28 November 2026 (daagliks, behalwe Sondae)
TYD: 18:00–22:00
PLEK: Vrystaat Nasorgsentrum, Bloemendalweg, Bloemfontein
TOEGANG: Gratis
Kerssangaande:
- 13 November saam met Doxa Deo Noord Gemeente en JF Laerskool se koor
- 20 November saam met Doxa Deo Noord Gemeente en Willem Postma Laerskool se koor
Kom beleef die betowering. Vier die liefde. Deel die lig. ‘n Afrika-Kersfees Wonderland wag op jou!

