Health
OFM Familie Fokus: “Reik na herstel” stap die pad saam met jou─── 21:09 Wed, 19 Oct 2022

Die Borskankersteungroep, “Reik na herstel” sluit vandag aan by Mid-Morning Magic met Yolanda Maartens om te gesels oor die onstaan van die groep en wat hul alles bied vir vroue met borskanker.
Die Borskankersteungroep, “Reik na herstel” sluit vandag aan by Mid-Morning Magic met Yolanda Maartens om te gesels oor die onstaan van die groep en wat hul alles bied vir vroue met borskanker.
Hierdie internasionale nie-winsgewende organisasie bied bystand vir vrouens wat met borskanker gediagnoseer is. Hulle bied gratis emosionele en praktiese ondersteuning. Hierdie dienste word verskaf deur vroue wat voorheen borskanker gehad het, wat die reis verstaan wat 'n vrou deurmaak wanneer hulle met die siekte gediagnoseer word.
“Reik na herstel" besoek verskeie hospitale om vroue by te staan. Elke vrou kry 'n sak met benodighede om hulle deur die proses te help. 'n Kussing om die sensitiewe bors te ondersteun, 'n sak om jou dreineringssakkie in te dra, en 'n klomp insiggewende brosjures is maar enkele van die items wat in die sak ingesluit is.
Oktober is Borskankerbewusmakingsmaand, ’n jaarlikse veldtog om bewustheid van die siekte te verhoog.
Mid-Morning Magic het vandeesweek met ’n paar kundiges gesels oor Borskanker, lees gerus meer:
Breast cancer stats in SA and how Cansa provides support
Borskanker bewusmakingsweek - Die belangrikheid van self-ondersoek
Look Good Feel Better, is ook 'n organisasie wat vroue met borskanker deur die proses help. Vir drie dekades, is hulle toegewy daaraan om mense met kanker te help om die voorkoms newe-effekte van hul behandeling te hanteer. Om meer te lees besoek hulle webtuiste lfgb.co.za
Ons sluit graag die week se borskanker bewusmaking af met ma Thelma se borskanker verhaal, wie ook n lid is van die Borskankersteungroep, “Reik na herstel”, luister gerus.
Thelma deel meer oor haar reis en die realiteite van diagnose tot herstel