Health
Borskanker bewusmakingsweek - Die belangrikheid van self-ondersoek─── 09:03 Wed, 19 Oct 2022

Borsondersoeke verbeter die kanse om borskanker vroeg te vind en is dus belangrik. Oktober is Borskankerbewusmakingsmaand en Dr Tharina van Schalkwyk gesles met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens oor die belangrikheid van selfondersoek en meer...
Borsondersoeke verbeter die kanse om borskanker vroeg te vind en is dus belangrik. Oktober is Borskankerbewusmakingsmaand en Dr Tharina van Schalkwyk gesles met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens oor die belangrikheid van selfondersoek, die rol van 'n mammogram en hoekom vroeë opsporing van enige veranderinge jou lewe kan red.
Lees ook: OFM-familiefokus: Risikofaktore en leefstylwenke tydens borskankerweek
Die voorkoms van borskanker onder Suid-Afrikaanse vroue neem toe en dit is een van die mees algemene kankers onder vroue in Suid-Afrika. Alhoewel dit hoofsaaklik vrouens raak, kan dit ook mans raak. Die vroeë opsporing van borskanker is een van die belangrikste ondernemings om die siekte suksesvol te behandel.