Huistoe
Al wat sy onthou is die sprong en toe word sy in die ambulaans wakker!─── 16:00 Mon, 21 Nov 2011

Sy is baie dankbaar dat sy nie veel erger van haar mislukte valskermsprong afgekom het nie, maar sal nie sommer weer spring nie. Só sê ’n student aan die Universiteit van die Vrystaat, me. Lindsay Henderson, nadat sy Saterdag hard met die aarde kennis gemaak het. Lindsay Henderson in die Mediclinic Bloemfontein nadat sy beseer is in ’n valskermsprong. Foto: Stef Krüger

Henderson, wat pas haar honneursgraad in aktuariële wetenskap voltooi het, het met ’n gebreekte toon en harsingskudding betreklik lig daarvan af gekom.
Sy sterk in die Mediclinic Bloemfontein aan.
Dit was dié adrenalien-verslaafde se tiende sprong, maar haar eerste vryval.
“Al wat ek kan onthou, is dat ek uit die vliegtuig gespring en in die ambulans wakker geword het.” - Volksblad
Johrne gesels met Jan van der Walt, Tegniese Bestuurder by OFM wat 'n ervare valskermspringer is.