Human Interest
Vader Kersfees moet die vetjies afskud─── 17:10 Sat, 19 Dec 2009

Dit het tyd geraak vir Vader Kersfees om gewig te verloor, minder kerskoek te eet en minder brandewyn te drink. Hy moet dit dalk ook oorweeg om sy takbokke en slee vir ’n fiets te verruil om ’n gesonder rolmodel vir kinders te wees. Die Universiteit van Monash in Australië se Nathan Grills glo die huidige beeld wat Vader Kersfees uitstraal, moedige vetsug, dronkbestuur, spoed en ’n ongesonde leefstyl aan. Hy meen as Vader Kersfees gewig verloor, sal baie ander ook dalk in sy voetspore volg. Hy sê ook dit is waarskynlik dat iemand so gewild soos Vader Kersfees ander kan beïnvloed, veral kinders. Grills se tong-in-die-kies-navorsing is 'n Britse mediese joernaal gepubliseer.
Nuus24