On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Human Interest

Popsensasie Beyonce verwag eersteling

───   10:10 Mon, 29 Aug 2011

Popsensasie Beyonce verwag eersteling | News Article

Los Angeles - Die popsensasie Beyoncé het gister aangekondig sy en haar man, die rapper Jay-Z, verwag hul eersteling, het People-tydskrif berig.

Die 29-jarige sangeres het verslaggewers tydens die MTV Video Music-toekenningseremonie ingelig sy is swanger. Sy het ook haar bababoep aan hulle gewys.

Beyoncé het nie veel oor haar swangerskap uitgewei nie maar haar woordvoerder het wel later dié nuus bevestig.

Beyoncé en die 41-jarige Jay-Z is reeds drie jaar getroud.

Nuus24

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.