Human Interest
Britney meer gewild as Google-hoof─── 12:56 Tue, 29 Nov 2011

Kort voor haar 30ste verjaardag hierdie week het Britney Spears Google se uitvoerende hoof, Larry Page, onttroon om die persoon te word wat die meeste op Google+ gevolg word. Sowat 775 000 mense volg die popsensasie se Google+-rekening. Hierteenoor volg 11.4 miljoen mense haar op Twitter. Google+ is aanvanklik deur tegniese mense en die ontwikkelaars van die program gedomineer, maar het onlangs begin om bekendes te lok wat gereeld inskrywings maak en aktief betrokke is. Drie van die mees gewilde bekendes op Google+ is Britneys Spears, Snoop Dogg en Tyra Banks. Uitvoerende hoof van Facebook, Mark Zuckerberg, is ook in die topvyf, maar hy het nog geen openbare inskrywings op sy blad gemaak nie.
Mashable