On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Human Interest

Puk skenk R36 000 vir Huis Lizandri-inwoners

───   10:28 Thu, 18 Oct 2012

Puk skenk R36 000 vir Huis Lizandri-inwoners | News Article
Dane Beisheim

Potchefstroom - Die Studente JOOL Gemeenskapsdiens (SJGD) van die Noordwes-Universiteit het R36 000 vir die oorplasing van die laaste inwoners uit Huis Lizandri geskenk.

Die drie bejaarde vroue sal voortaan in Huis Veilige Hawe en Huis Adullam versorg word.

Huis Lizandri was die afgelope maande in omstredenheid gehul ná bewyse van swak higiëne, wanvoeding en verwaarlosing gevind is.

Die departement van gesondheid, Potchefstroom Sakekamer en U-Care was genoodsaak om in te gryp en die inwoners te verplaas, maar weens geldelike beperkinge was hierdie poging bemoeilik.

Volgens SJGD-voorsitter, Juaan Taute, het die inwoners se betreurenswaardige situasie die universiteit diep geraak.

Podcasts

SJGD Voorsitter Juaan Taute :

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.