On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

International

Dit reën missiele – maar Zelenski stem in tot beraad met Poetin

───   15:11 Thu, 21 Aug 2025

Dit reën missiele – maar Zelenski stem in tot beraad met Poetin | News Article
Lwif, sowat 90 km van die Poolse grens af, het ook deurgeloop. Foto: X

Nadat Rusland een van die grootste lugaanvalle sover vanjaar op Oekraïne uitgevoer het, het pres. Wolodimir Zelenski sy bereidwilligheid herhaal om met pres. Wladimir Poetin van Rusland te vergader om vrede te bespreek.

Altesaam 574 Russiese hommeltuie en 40 missiele het oornag verskeie streke in Oekraïne getref, insluitend Kijif, Lwif en Transkarpasië. Oekraïne se lugmag het 577 van die 614 aanvalstuie onderskep, maar sterftes en heelwat skade is aangemeld. 

In Moekatsjewo is ’n Amerikaanse elektronika-aanleg vernietig. Die omvang van die aanval het Pole genoop om sy lugruim vir verskeie ure te beveilig, hoewel geen Russiese bedreiging van Pole se lugruim aangemeld is nie.  

In Moekatsjewo is ’n Amerikaanse elektronika-aanleg vernietig. Foto: X

Lwif is sowat 90 km van die Poolse grens af. Zelenski het die aanvalle veroordeel en gesê dit toon dat “niks verander het nie” in Moskou se houding. 

Hy het sy bereidwilligheid herhaal om in ’n neutrale Europese land met Poetin te vergader – Switserland, Oostenryk of Turkye word genoem – maar hy het Moskou en Boedapest uitgesluit. Zelenski het ook China se betrokkenheid by enige veiligheidswaarborge verwerp, en verwys na Beijing se steun aan Rusland.

Die moontlikheid van direkte gesprekke volg op pres. Donald Trump se afsonderlike ontmoetings met albei leiers. Trump het aanvanklik trilaterale gesprekke voorgestel, maar sê nou dat Zelenski en Poetin eerder sonder hom moet vergader, hoewel hy beskikbaar bly indien nodig.

Zelenski ‘nie wettige leier’

Die Russiese minister van buitelandse sake, Sergei Lawrof, het gesê Poetin is “gereed” om te vergader, maar dat alle kwessies op hoë vlak vooraf uitgeklaar moet word – insluitend Rusland se bewering dat Zelenski nie die wettige leier van Oekraïne is nie.

Zelenski het gesê enige beraad moet voorafgegaan word deur duidelikheid oor veiligheids waarborge van bondgenote. Amerika se vise-president, JD Vance, het gesê Europa sal die “leeue-aandeel” van daardie waarborge moet aanvaar.

Bronne: BBC, Deutsche Welle, Al Jazeera

OFM Nuus cvs/mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.