On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

International

Netanyahu beloof sterk optrede ná moord op ses

───   13:45 Mon, 08 Sep 2025

Netanyahu beloof sterk optrede ná moord op ses | News Article
Die toneel ná die aanslag gisteroggend. Foto: X

Israel se premier Benjamin Netanyahu beloof “elkeen wat gehelp het” sal gevang word ná ’n skietvoorval in Jerusalem Maandagoggend (8/9) in Jerusalem waarin minstens ses mense dood is.

Die aanval het kort ná 07:00 by die Ramot-kruising aan die noordelike buitewyke van Jerusalem plaasgevind. Twee gewapende aanvallers het skielik op burgerlikes by ’n besige bushalte losgebrand. Volgens die Israeliese polisie is albei aanvallers op die toneel “geneutraliseer”.

Onder die slagoffers was drie mans van in die 30, en ’n vrou en man van in die 50. Minstens sewe mense is ernstig beseer, en nog nege is met skietwonde na verskeie hospitale geneem.

Netanyahu, wat self die toneel besoek het, beloof almal wat meegehelp het aan die aanval sal opgespoor en vervolg word. Die veiligheidsmagte slaan reeds toe op die dorpe vanwaar die aanvallers vermoedelik kom. Die Israeliese weermag (IDF) het dit later bevestig en gesê troepe is besig om die woonplekke vanwaar die aanvallers kom af te sper en te deursoek.

Koeëlgate en skade aan die bus vertel die verhaal van die aanval. Foto: X

Pres. Isaac Herzog het die oggend as “pynlik en moeilik” beskryf en gesê “ons veg teen absolute boosheid”. Hy het die internasionale gemeenskap aangemoedig om die omvang van die geweld teen Israel te probeer begryp.

Geen groep het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie, maar Hamas het ’n die aanvallers se optrede in ’n verklaring geprys en dit as “natuurlike reaksie” teen Israel se militêre optrede in Gasa beskryf.

Die aanval volg op maande van spanning ná Hamas se aanval op die suide van Israel in Oktober 2023, en die daaropvolgende Israeliese veldtog in Gasa, waarin meer as 64 000 mense glo reeds gesterf het.

Bron: BBC

OFM Nuus cvs

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.