On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Vermoorde Michael van Eck se ma getuig vandag

───   06:19 Wed, 31 Oct 2012

Vermoorde Michael van Eck se ma getuig vandag | News Article
Lani Fouché -

Virginia - Vermoorde Michael van Eck se ma, Henriëtte, sal na verwagting vandag (Woensdag) in die rondgaande hof op Virginia getuig ter strafverswaring in voor-vonnis argumente vir Maartens van der Merwe.

Die 26-jarige Van der Merwe is gister skuldig bevind op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en lykskending, nadat hy en sy verloofde, Chané van Heerden, vir Van Eck verlede jaar in 'n Welkom-begraafplaas grusaam vermoor het.

'n Forensiese sielkundige, Professor Dap Louw, sal ook getuig.

Van der Merwe is gister deur die staatsaanklaer, Johan de Nysschen, vir antwoorde gepols oor waarom hy en Van Heerden vir Van Eck vermoor en opgesny het. Van der Merwe het getuig dat hul rituele met gesamentlike self-mutilasie begin het, en tot katslagting oorgegaan het. In Februarie 2011 het hulle na 'n mens-slagoffer begin soek.

Van der Merwe het aan die Van Eck-familie in die hof om verskoning gevra vir sy dade. Hy sê hy het geen genot daaruit geput om Van Eck te vermoor nie.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.