On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Griekwastad-verhoor skop vandag in Kimberley af

───   06:46 Mon, 11 Mar 2013

Griekwastad-verhoor skop vandag in Kimberley af | News Article
Mariné Jacobs

Die verhoor van die 16-jarige seun wat aangekla word van die trippel-moord op die Steenkamp-gesin van Griekwastad begin vandag in die Noord-Kaapse Hooggeregshof in Kimberley.

Die klein Griekwastad-gemeenskap was op Goeie Vrydag verlede jaar geruk deur die nuus dat Deon, Christel en Marthella Steenkamp koelbloedig op hul plaas Naauwhoek buite die dorp doodgeskiet is.

Don Steenkamp is die enigste oorlewende van die tragedie.
 
‘n Minderjarige is in Augustus by sy skool in Bloemfontein in hegtenis geneem weens die moorde, en is op 3 September op borgtog van R5000 vrygelaat.
 
‘n Skokwending het onlangs in die saak gekom toe die staat beweer dat die seun Marthella minder as 24 uur voor haar dood verkrag het.
 
Hy sal dus teregstaan op drie aanklagte van moord, verkragting en regsverydeling. Noord-Kaap Regter-president Frans Kgomo sal die verhoor bereg.
 
Die saak sal in camera plaasvind omdat die beskuldigde 'n minderjarige is, maar Kgomo het toegang tot die verhoor aan OFM verleen.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.