Local News
Twee seuntjies verdrink in Galeshewe─── 14:27 Tue, 04 Jun 2013

Kimberley - Twee seuntjies, 'n sesjarige en 'n agtjarige van Galeshewe in Kimberley is gister dood nadat hulle in 'n put met water langs munisipale woonstelle verdrink het.
Die kinders en nog 'n seuntjie was besig om te speel toe 'n motorband in die put geval het. Die sesjarige het die band uit die put probeer haal toe hy ingeval en verdrink het. Die agtjarige wou hom red toe hy ook verdrink het.
Die ander seuntjie het weggehardloop om hulp te ontbied. Polisie ondersoek die aangeleentheid.
Nuusverklaring