Local News
Kby creche-eienaar dankbaar vir hulp met verwoestende brand─── 16:15 Tue, 23 Jul 2013

Alzane Narrain
Kimberley - 'n Creche in Kimberley wat tot op die grond afgebrand het, se eienaar sê sy is dankbaar vir al die hulp wat bure tydens die brand verleen het. Shalom Christian School, in Diamantpark, is vanoggend deur 'n brand in puin gelê. Sarah Jonas sê 18 kinders, almal jonger as ses, en haar ma, Mina Abram, wat hulle versorg het, is ongedeerd.
Jonas sê dit het ? rukkie vir die brandweer geneem om by die toneel op te daag.
Jonas sê lede van die weermag sou vandag, as deel van hulle Madiba 67-minuut-welwillenheid, die creche kom uitverf. Daarom was sy en 9 van die ouer kinders van die creche by haar huis en nie op die creche-perseel nie. Die brand het uitgebreek voordat die verwers opgedaag het.

Sarah Jonas :
Sarah Jonas: