On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Local News

Wolhuterskop-kerksaamtrek met hand en tand beveg

───   LANI FOUCHÉ 16:48 Mon, 07 Oct 2013

Wolhuterskop-kerksaamtrek met hand en tand beveg | News Article
Lani Fouché

 
Bethlehem - Die Dihlabeng-natuurbeskermingsvereniging gaan sy stryd verskerp om die jaarlikse saamtrek van die Tyrannus Apostoliese Kerk by die Wolhuterskop-natuurreservaat buite Bethlehem te keer.
 
Duisende lede het die afgelope naweek vir die derde agtereenvolgende jaar daar byeengekom, wat Vrystaatse premier Ace Magashule en verskeie LUR'e - volgens berigte - ook bygewoon het. Magashule het weer beloof dat hy dié grond aan die kerk sal gee, wat woede in die Dihlabeng-gemeenskap laat opvlam het.
 
Voorsitter van die plaaslike natuurbeskermingsvereniging, Cyril Adkins, sê hulle het AfriForum aan boord gebring om hul regsgeding teen die kerk en die munisipaliteit te versterk.

Die DA het op sy beurt klagtes van diefstal en bedrog teen Magashule by die polisie ingedien. Die party se Roy Jankielsohn sê dit val nie binne sy jurisdiksie om munisipale grond uit te deel sonder om die nodige regsprosesse te volg nie.
 
Die party het ook die nasionale departement van omgewingsake genader vir klarigheid.


Podcasts

Cyril Adkins:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.