On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Local News

Geskorste Wilgehof-hoof verskyn voor dissiplinêre komitee

───   OWEN KOCK 06:51 Tue, 19 Nov 2013

Geskorste Wilgehof-hoof verskyn voor dissiplinêre komitee | News Article
Owen Kock
Bloemfontein - Fanie Roelofzze, geskorste skoolhoof van die Laerskool Wilgehof, verskyn vandag en môre voor ‘n dissiplinêre komitee van die Vrystaatse Onderwysdepartement.
 
Dit kom nadat Roelofzze na bewering versuim het om nog ‘n geskorste onderwyser by die skool, Lenard MacKay, aan te spreek oor sy vertoning van die ou Suid-Afrikaanse vlag, wat hy na bewering vir opvoedingsdoeleindes gebruik het, in sy klaskamer, asook rassistiese uitlatings wat hy gemaak het.
 
Roelofzze word van pligsversuim aangekla.
 
MacKay is intussen deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie aan rassimse skuldig bevind en sal op sy beurt op 5 en 6 Desember voor ‘n dissiplinêre komitee verskyn.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.