Local News
GWStad-moordverhoor: Regter sê 14:30 of saak heropen gaan word─── SABRINA DEAN 13:41 Tue, 18 Mar 2014

Sabrina Dean, Twitter
Kimberley - Regter Frans Kgomo sal om 14:30 sy besluit bekend maak rakende die verdediging, in die opspraakwekkende Griekwastadmoordverhoor, se versoek om die saak te heropen.
Dit volg nadat die verhoor van die minderjarige seun wat verdink word van die moorde op Deon, Christel en Marthella Steenkamp in Desember tot vandag uitgestel is. Die staat betwis die aansoek.
Die verdediging se Riaan Bode voer aan dat die kern van die staat se saak die aanklag van verkragting is en dat hulle dit stel as die motief vir die moorde. Bode wil getuienis roep om die teendeel te bewys.
Die Steenkamps is op Paasvrydag 2012 op hul plaas Naauwhoek naby Griekwastad, vermoor.