On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Qwaqwa-uitslagprobleem op munisipale vlak opgelos: OVK

───   14:11 Thu, 08 May 2014

Qwaqwa-uitslagprobleem op munisipale vlak opgelos: OVK | News Article
Dirk Kok
 
Bloemfontein - Die Vrystaatse verkiesingshoof, Chris Mepha, sê die kwessie oor 118 nasionale stemme vir die ANC wat by ’n stempunt in Qwaqwa waarskynlik verkeerdelik aan ’n klein streekparty, die AIC, gegee is, gaan op munisipale vlak opgelos word.
 
Die ANC het die OVK gevra om die verkiesingsuitslag by die Laerskool Thaba Tsieu in Qwaqwa reg te stel. Die regerende party wil sy stemme terughê van die African Independent Congres, ’n streekparty van Matatiele in die Oos-Kaap.
 
Volgens die uitslag het die ANC 120 provinsiale stemme by dié stempunt gekry, maar nie ’n enkele nasionale stem nie. Stemtellers het in alle waarskynlikheid ’n fout gemaak en 118 nasionale stemme vir die regerende party aan die AIC gegee.
 
Die Vrystaatse ondervoorsitter van die ANC, Thabo Manyoni, het gesê indien die probleem nie om die onderhandelingstafel opgelos kan word nie, moet die nasionale stemme maar van voor af getel word.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.