Local News
Damane Gwebu kruisondervraging vandag afgehandel─── OWEN KOCK 10:03 Mon, 04 Aug 2014

Owen Kock
Bloemfontein - Kruisondervraging van Damane Muzi Gwebu, die Kovsie-student wat na bewering deur twee mede-studente met hul voertuig raakgery en aangerand is, sal na verwagting vandag in die Bloemfontein-streekhof afgesluit word.
Cobus Muller staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, roekelose en nalatige bestuur en crimen injuria, terwyl Charl Blom van aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla word.
Die aanklagtes spruit uit die beweerde voorval op 17 Februarie vanjaar, toe die twee na bewering Gwebu op die Kovsie-kampus met hul bakkie raakgery, aangerand en rassistiese uitlatings gemaak het.