Local News
Kovsie-verhoor-getuie: Bakkie het Gwebu 'nie gestamp nie'─── OWEN KOCK 14:48 Wed, 13 Aug 2014

Owen Kock
Bloemfontein - Die verhoor van twee Kovsie-studente, Cobus Muller en Charl Blom, het vanoggend weer 'n wending in die Bloemfonteinse streekhof geneem.
Muller staan tereg op poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, roekelose en nalatige bestuur en crimen injuria, en Blom op aanranding met die doel om ernstig te beseer.
'n Mede-student, Damane Gwebu beweer Muller en Blom het hom op die aand van 17 Februarie vanjaar op die UV se Bloemfonteinkampus probeer doodry, aangerand asook die k-woord toegesnou.
Owen Kock woon die verhoor by en berig dat 'n getuie vandag gesê het dat Gwebu nie met die bakkie gestamp is nie.
Die verhoor duur voort.
Owen Kock: