Local News
Kovsie-studente 'moet vrygespreek word': Advokaat Nel─── OWEN KOCK 16:37 Fri, 05 Sep 2014

Bloemfontein - Advokaat Johann Nel het vandag vir landdros Rasheed Matthews gevra om sy kliënte, Cobus Muller en Charl Blom, vry te spreek op al die aanklagte teen hulle.
Die twee Kovsie-studente staan tereg op onder meer poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Dit spruit uit ‘n voorval op 17 Februarie op die Bloemfontein-kampus van die UV, waartydens Muller na bewering vir Damane Gwebu probeer doodry en daarna aangerand het.
Owen Kock/OFM-nuus
OFM-nuus se Owen Kock volg die verhoor en doen hier verslag: