Local News
UV moet diverse koste aan ons terugbetaal: Helgard Muller─── OWEN KOCK 16:41 Tue, 09 Sep 2014

Bloemfontein - Helgard Muller, die pa van die Kovsie-student Cobus Muller wat vanoggend op aanklagte van poging tot moord, roekelose en nalatige bestuur, crimen injuria en aanranding met die doel om ernstig te beseer vrygespreek is, het gevra dat die Universiteit van die Vrystaat ‘n openbare verskoning aan sy seun maak.
Muller voel dis nodig omdat sy seun in die openbaar as rassis uitgemaak is.
Dit kom nadat landdros Rasheed Matthews Muller en Charl Blom, wat van aanranding aangekla is, vrygespreek het.
Damane Gwebu beweer die twee het hom op die aand van 17 Februarie probeer doodry, aangerand en die k-woord toegesnou.
Muller senior sê daar was nog geen kommunikasie tussen hom en die universiteit nie, behalwe dat hulle hul by die uitspraak van die hof berus.
Hy eis nou dat die universiteit R200 000 in diverse koste aan hulle terugbetaal.
Owen Kock/OFM-nuus
Owen Kock/OFM-nuus
Helgard Muller: