Local News
Gwebu tjoepstil na hofuitspraak─── OWEN KOCK 13:54 Thu, 11 Sep 2014

Bloemfontein - Damane Muzi Gwebu, wat vandeesweek deur landdros Rasheed Matthews tydens sy uitspraak in die verhoor van twee UV-studente, as ‘n onbetroubare getuie bestempel is, verkies om nie met die media te praat nie.
Dit kom nadat Cobus Muller en Charl Blom in die Bloemfonteinse streekhof op aanklagte van poging tot moord en aanranding vrygespreek is.
Gwebu het vandag aan OFM-nuus gesê dit is nie dat hy nie kommentaar op Matthews se uitspraak wil lewer nie. Hy het net niks om te sê nie.
Gwebu beweer Muller het hom op die aand van 17 Februarie vanjaar probeer doodry, aangerand en die k-woord toegesnou. Volgens hom het Blom hom ook aangerand.
Die UV het intussen vir Muller en Blom verskoning gevra oor hul skorsing.
Die UV sluit ook nie die moontlikheid om stappe teen Gwebu te neem uit nie.
Owen Kock/OFM-nuus