Local News
Muller gaan eis teen UV instel─── OWEN KOCK 06:42 Fri, 12 Sep 2014

Bloemfontein - Helgard Muller, die pa van Cobus Muller, wat Dinsdag vrygespreek is op ondermeer aanklagte van poging tot moord en aanranding, gaan 'n eis teen die Universiteit van die Vrystaat instel, vir die kostes wat hy aangegaan het met sy seun se verhoor.
Muller het aan OFM-nuus bevestig sy regspan is tans besig om, soos wat hy dit noem, hul eende in 'n ry te kry oor waaroor alles hulle die universiteit gaan aanvat.
Muller junior is in Februarie vanjaar deur die universiteit geskors toe 'n mede-student, Damane Muzi Gwebu klagte van roekelose en nalatige bestuur, crimin injuria, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer, teen hom gemaak het.
Nog 'n student, Charl Blom, wat van aanranding aangekla is, is ook deur landros Rasheed Matthews vrygespreek.
Muller het kort na die uitspraak gesê hy en sy vrou se reis, verblyf en regskoste beloop oor die R200 000.
Owen Kock-OFM-nuus