On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

VS gesondheid gaan nie beperkte voorraad duld nie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:49 Fri, 10 Oct 2014

VS gesondheid gaan nie beperkte voorraad duld nie | News Article

Bloemfontein - Die Vrystaatse gesondheidsdepartement gaan nie 'n tekort aan mediese toerusting by plaaslike instansies duld nie.

Dit is die boodskap van die provinsiale LUR van gesondheid, Benny Malakoane, nadat OFM-nuus gister berig het personeel van die Moroka-hospitaal in Thaba Nchu se veelvoudige middelweerstandige tuberkulose-eenheid nie N95-maskers tot hul beskikking het nie.
Malakoane sê niemand het 'n verskoning om nie noodsaaklike toerusting beskikbaar te stel nie, want die departement het geld om dit aan te koop.
 
Na wat verneem word het hospitaalbestuur glo Maandag opdrag gegee dat personeel ander maskers, wat minder beskerming bied, as plaasvervanger vir die N95-maskers gebruik.
 
Malakoane sê hy is nie bewus van 'n tekort aan die voorgeskrewe maskers nie, maar gaan ondersoek instel.

Die Vereniging vir Staatsamptenare se Gerhard Koorts het vroeër aan OFM-nuus gesê verpleegpersoneel van dié eenheid weier om pasiënte te verpleeg sonder die voorgeskrewe maskers, omdat hulle bang is dat hulle die gevreesde TB kan opdoen.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Benny Malakoane:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.