Local News
UV tevrede met verkiesingsproses van nuwe UV-raadslede─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:42 Sat, 18 Oct 2014

Bloemfontein - Die verkiesingsproses om drie raadslede onderskeidelik as konovokasie-verteenwoordiger en twee alumni-verteenwoordigers tot die Universiteit van die Vrystaat (UV) se raad te verkies het goed verloop.
Dit volgens die registrateur van die UV, Derek Swemmer, wat gistermiddag die nuutverkose verteenwoordigers aan OFM-nuus bekendgemaak het.
Johan Grobbelaar, die huidige president van die konvokasie is as konvokasie-verteenwoordiger aangewys, terwyl Christo Dippenaar, ‘n prokureur in Bloemfontein en oud-koshuishoof van Reitz, die nuwe alumi-verteenwoordiger in die UV-raad is.
Henry Madlala is onbestrede verkies as die alumi-verteenwoordiger van die Qwaqwa-kampus.
Swemmer sê die UV is tevrede met die beduidende aantal stemme wat ontvang is.
Swemmer sê die lede sal vanaf 1 November vanjaar vir vier jaar op die UV-raad dien.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus
Derek Swemmer: