On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Local News

UV viserektor en registrateur kwyt

───   06:56 Mon, 03 Nov 2014

UV viserektor en registrateur kwyt | News Article

Bloemfontein - Die Universiteit van die Vrystaat en Viserektor, Driekie Hay-Swemmer, se paaie het finaal geskei.

Kovsie-woordvoerder, Lacea Loader sê hulle het ooreengekom dat hul paaie vriendskaplik sal skei met ingang verlede Vrydag.
Terselfdertyd het Loader aangekondig dat Hay-Swemmer se man, Derek Swemmer, die registrateur van die universiteit, die einde van vandeesmaand die tuig neerlê. Hy sal gedurende November slegs sekere belangrike take verrig, terwyl hy die talle aktiwiteite waarby hy betrokke was, sal afhandel of oorhandig aan personeel wat hierdie verantwoordelikhede sal oorneem.

In September het die UV gesê hy volstaan by sy beleid om personeelsake nie ekstern of met die media te bespreek nie. Dit het gekom nadat OFM-nuus berig het oor Hay-Swemmer, wat ook die hoof van die Suid-kampus was, se tydelike skorsing vroeër vanjaar.
 
Die UV-rektor, Jonathan Jansen, het toe gesê hy wil hom nie uitlaat oor haar skorsing terwyl die saak nog aan die gang is nie.
 
Verklaring verskaf en Christal-Lize Muller


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.