Local News
Jansen en UV het tot 17:00 om R1 miljoen te betaal: AfriForum─── OWEN KOCK 14:28 Fri, 20 Mar 2015

Bloemfontein - UV-rektor Jonathan Jansen het tot 17:00 vanmiddag om die skadevergoedingseis van R1 miljoen wat twee voormalige Kovsie-studente teen hom en die universiteit gelê het, te betaal.
Dis volgens AfriForum Jeug, wat die studente in hul eis bystaan, se regsverteenwoordiger, Werner Human.
Cobus Muller en Charl Blom eis elk R500 000 van Jansen en die universiteit, na hulle verlede jaar geskors is. Hulle is onder meer aangekla van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en crimen injuria teenoor mede-student Muzi Damane Gwebu. Hulle is onskuldig bevind deur die hof en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie.
Die universiteit het vandag in ‘n verklaring gesê hul regsverteenwoordigers het reageer op 4 Maart se skrywe van die studente se regsverteenwoordigers, maar nog Jansen nog die universiteit wil die inhoud daarvan in die media bespreek.
Owen Kock/OFM-nuus
Werner Human: