Local News
Gewese UV-registrateur nuwe uitvoerende hoof van Fedsas se instituut vir skoolbeheer─── CHRISTAL-LIZE MULLER 09:07 Tue, 21 Apr 2015

Bloemfontein - Die gewese registrateur van die Universiteit van die Vrystaat (UV) beskou sy aanstelling as uitvoerende hoof van die beheerliggaam-federasie, Fedsas, se instituut vir skoolbeheer as ‘n voorreg.
Derek Swemmer sê hy gaan die geleentheid gebruik om die nuwe instituut, wat deel is van Fedsas se struktuur, uit te brei sodat lidmaatskole onder meer by opleidingsgeleenthede kan baat.
Swemmer glo weens sy ervaring as registrateur by verskeie tersiêre instellings en lid van universiteitsrade, asook sy leidende rol in ander instellings se beheerstrukture kan hy ‘n waardevolle bydrae lewer om skoolbeheerliggame te versterk.
Swemmer en sy vrou Driekie Hay, gewese akademiese viserektor by die UV, is verlede jaar weg na ‘n skikking met die instelling. Hay is nou verbonde aan die Universiteit van KwaZulu-Natal as dekaan van navorsing.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus
Derek Swemmer: