On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Vonnisoplegging in Lianné Greyling-saak hervat

───   06:43 Mon, 27 Jul 2015

Vonnisoplegging in Lianné Greyling-saak hervat | News Article

Bloemfontein - Vonnisoplegging van die veroordeelde dief en bedrieër, Lianné Greyling, hervat na verwagting vandag in die Bloemfonteinse streekhof.

Verrigtinge is verlede week uitgestel nadat die maatskaplike werker, wat reeds begin het om haar verslag aan die hof voor te lees, die hof moes verlaat.
 
Sy het vroeër aanbeveel dat 'n langtermyn gevangenisstraf gepas is omdat Greyling geen berou getoon het nie. Sy het gesê dat Greyling haar optrede geregverdig het deur om na verskeie traumas wat sy as kind ervaar het, te verwys.
 
'n Verslag van korrektiewe dienste het egter aanbeveel dat Greyling onder huisarres geplaas moet word omdat sy drie jong kinders, onderskeidelik 6, 4 en 3 jaar oud, het wat op haar staatmaak.
 
Greyling het ter strafversagting van vonnis getuig. Sy het getuig hoe sy van 2006 tot 2008 daagliks dwelms gebruik het, totdat sy met haar eerste kind swanger geraak het. Haar ma het ook ’n misdaadrekord van diefstal en bedrog gehad en haar ma het dwelms en drank misbruik.
 
Greyling is op 22 April skuldig bevind aan 12 klagte van diefstal en 12 van bedrog, terwyl 12 ander klagte deur die staat teruggetrek is.

Sellwane Khakhau/OFM News

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.