On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Boer en ander verskyn in Vryburg vir moord en aanranding

───   DANE BEISHEIM 15:56 Mon, 15 Feb 2016

Boer en ander verskyn in Vryburg vir moord en aanranding | News Article

Vryburg - Nege mense, insluitend 'n boer, sy vrou en twee polisiebeamptes, het vanoggend vlugtig in die Vryburg-landdroshof verskyn in verband met die moord op ‘n man en die aanranding van twee ander.


Tigwinita Luwantu, sy vrou Lindiwe Mpathani en hul mede-beskuldigdes sal weer op 11 April verskyn. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek. Hulle staar 'n aanklag van moord, twee van poging tot moord asook aanranding en ontvoering in die gesig.

OFM-nuus se Dane Beisheim berig dat die groep glo die drie van veediefstal beskuldig en met knopkieries en ander voorwerpe geslaan het.

Die drie mans is ook na bewering met kookwater gebrand en in 'n vrieskas gegooi. Moses Mosepele het aan sy beserings beswyk terwyl Mosimanegape Thekisho en Andries Tsubane ernstig beseer is.

Al die verdagtes se borgtog, wat wissel tussen R1 000 en R2 000, is verleng.

OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.