Local News
Edenburg-plaasaanval: Verdagte verskyn; een steeds soek─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:12 Thu, 18 Feb 2016

Gallo images
Edenburg - Die polisie in die Vrystaat soek nog na ‘n verdagte in verband met die aanval op ‘n boer van Edenburg gisteroggend.
Polisiewoordvoerder, Peter Kareli, sê twee mans het gister toegang tot Ernst Coetzee se plaashuis verkry. Coetzee en sy vrou was nie tuis nie. Toe Coetzee by die plaashuis stop nadat hy van die dorp teruggekeer het, het twee mans op hom geskiet. Hy is in die linkerskouer gewond.
Coetzee het in sy voertuig na die polisiekantoor op die dorp gejaag. Kareli sê die polisie het vinnig gereageer.
Die 28-jarige verdagte sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof op aanklagte van poging tot moord en huisroof verskyn. Coetzee sterk aan in die Mediclinic Bloemfontein.
OFM-nuus