On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Parys-moorde: Twee boere se borgtogaansoek hervat

───   DANE BEISHEIM 09:09 Thu, 10 Mar 2016

Parys-moorde: Twee boere se borgtogaansoek hervat  | News Article
Van links Gert Boeta van der Westhuizen, Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr., Anton Loggenberg/OFM-nuus

Parys - Die borgtogaansoek van twee Parys-boere wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde moord op twee vermeende plaasaanvallers, hervat vandag in die plaaslike landdroshof.


Fanie Oosthuizen en Wian van der Westhuizen is die sesde en sewende beskuldigdes in die moordverhoor van Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Hulle is in Januarie glo doodgeslaan deur ’n groep boere wat hulle verdink het van die plaasaanval op Loedie van der Westhuizen op sy plaas buite Parys.

Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr., Anton Loggerenberg en Boeta van der Westhuizen, Loedie se seun, is aanvanklik in hegtenis geneem en op borgtog vrygelaat. ‘n Polisiebeampte, kaptein Henk Prinsloo, is in Februarie ook van die moorde aangekla en is ook op borgtog vrygelaat. Die verhoor hervat op 15 April.

Intussen verskyn Boeta vandag weer in die hof op aanklag van intimidasie. Hy is weer in hegtenis geneem ná beweerde dreigemente teen polisielede.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.