On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

NWU-ruimtefisikus gekies om Nobelpryswennersvergadering by te woon

───   DANE BEISHEIM 16:49 Mon, 14 Mar 2016

NWU-ruimtefisikus gekies om Nobelpryswennersvergadering by te woon | News Article
Dr Eugene Engelbrecht/Foto Verskaf

Potchefstroom - 'n Ruimtefisikus van die Noordwes-Universiteit is een van vyf jong wetenskaplikes in Suid-Afrika wat deur die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika (ASSAf) genomineer is om die 66ste Lindau Nobelpryswennersvergadering in Duitsland by te woon.

Dr. Eugene Engelbrecht, van die Skool vir Fisiese en Chemiese Wetenskappe op die Potchefstroom-kampus, sal saam met sowat 400 ander wetenskaplikes van 80 lande die geleentheid gegun word om in-diepte met Nobelpryswenners te kommunikeer.

Engelbrecht sê dat hy baie opgewonde is oor die geleentheid om van sy wetenskap-helde in lewende lywe te sien.

Die vergadering vind van 26 Junie tot 1 Julie in Lindau, Duitsland, plaas.

Die uitgesoekte jong wetenskaplikes sal 'n ses-dag-program met talle lesings en paneelbesprekings volg. Van die Nobelpryswenners wat reeds hul deelname bevestig het, is Takaaki Kajita van Japan en Arthur B. McDonald van die VSA. Hulle het gesamentlik die Nobelprys vir Fisika in 2015 ontvang.

Volgens ASSAf is die suksesvolle deelnemers uitstaande voor- en nagraadse en nadoktorale studente jonger as 35 jaar, wie se navorsing op fisika-gebied fokus. Hulle is gekies ná 'n internasionale keuringsproses.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.