On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Duisende NK-inwoners sonder titelaktes

───   CATHY DLODLO 10:14 Tue, 05 Apr 2016

Duisende NK-inwoners sonder titelaktes | News Article

Kimberley - Die Departement van Samewerkende Regering in die Noord-Kaap sê sowat 28 000 inwoners en eienaars van HOP-huise moet nog hul titelaktes kry.


Woordvoerder, Xhanti Teki, sê die agterstand het oor die jare opgebou met die grootste gedeelte van die uitstaande titelaktes wat voor 1994 en kort daarna dateer.

LUR Alvin Botes gaan môre met die Raad op Eiendomsagentskapaangeleenthede (REA) vergader om ‘n plan van aksie vir die uitwissing van die agterstand op te stel.

Teki sê die proses sal egter eers moet begin met die verifiering van die geskatte agterstand.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.