On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Vermiste man se liggaam in Vaaldam gevind

───   DANE BEISHEIM 14:29 Wed, 13 Apr 2016

Vermiste man se liggaam in Vaaldam gevind | News Article

Sasolburg - Polisieduikers het vanoggend die liggaam van Louis Jacobus Lotter uit die Vaaldam gehaal, nadat hy Sondag daar vermis geraak het.


Volgens Gautengse polisiewoordvoerder, Shado Mashobane, het die 43-jarige Lotter, van Meyerton, glo oor die kant van sy kano geval terwyl hy besig was om te hengel.

Lotter se familie het gesien hoe hy van sy kano afval en nie weer na die oppervlak kom nie. Die polisie se Soek en Redding- en Watervleuel het dadelik hul soektog na Lotter begin.

Sy liggaam is vanoggend om 08:30 gevind.

OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.