On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Begrafnis vir Tlokwe-burgemeester se seun nog nie gefinaliseer

───   DANE BEISHEIM 14:50 Mon, 20 Feb 2017

Begrafnis vir Tlokwe-burgemeester se seun nog nie gefinaliseer | News Article

Potchefstroom - Die begrafnisreëlings van Tlokwe-burgemeester, Kgotso Khumalo, se 30-jarige seun, Mike Maimane, word nog gefinaliseer.


Dit is volgens Khumalo se woordvoerder, Victor Boqo. Hy kon wel bevestig dat Maimane eerskomende Saterdag by die Govan Mbeki-saal in Ikageng buite Potchefstroom in Noordwes ter ruste gelê sal word, en dat die presiese tyd nog bekend gemaak sal word. 

Polisiewoordvoerder, Pelonomi Makau, het vroeër aan OFM-nuus bevestig dat ‘n verbyganger Saterdag op Maimane se lyk in ‘n straat in Uitbreiding 11 in Ikgageng afgekom het. 

Hy is vermoedelik met ‘n skerp voorwerp doodgesteek. Geen verdere inligting is nog bekend gemaak nie. Die motief vir die moord is ook onbekend.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.