On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Vier in NK vas weens dwelms ter waarde van R10 miljoen

───   MARK STEENBOK 09:49 Wed, 22 Mar 2017

Vier in NK vas weens dwelms ter waarde van R10 miljoen | News Article
File photo

Colesberg - Vier mans is naby Colesberg in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat Mandrax-tablette met ‘n waarde van R10 miljoen in hul besit gevind is.


Polisiewoordvoerder, Olebogeng Tawana, sê die mans is gister op die N1 tydens 'n intelligensie-gedrewe operasie vasgetrek. Hy sê die Mandrax-tablette was versteek in twee motors waarin die mans, tussen die ouderdom van 25 en 40, gery het. Hulle was glo vanaf Kaapstad na Johannesburg onderweg.


Tawana sê die mans sal na verwagting môre in die plaaslike landdroshof verskyn.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.