On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Verdagte in Virginia-moord op leerkrag formeel aangekla

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:09 Mon, 27 Mar 2017

Verdagte in Virginia-moord op leerkrag formeel aangekla  | News Article

Virginia - ‘n Jong veroordeelde huisrower wat op parool uit was, is formeel aangekla vir die moord op ‘n laerskoolonderwyseres van Virginia in die Vrystaat.


Polisiewoordvoerder, Mamello Mokhuoane, sê ‘n 21-jarige man wat verlede Donderdag in hegtenis geneem is op Virginia by ‘n sentrum van Korrektiewe Dienste wat mense op parool hanteer, staan tereg op die moord van die 24-jarige Kay-Leen Peterson. Haar lyk is Donderdag deur ‘n familievriend in haar woonstel op die dorp gevind nadat kollegas van die Lake View Laerskool haar nie op haar selfoon in die hande kon kry nie. Sy het Woensdag nie by die skool opgedaag nie. 

Mokhuoane sê die verdagte staan ook tereg op aanklagte van huisroof en motordiefstal in verband met die Peterson-moord.  

Volgens Mokhuoane is nog ‘n man, wat verlede week vir ondervraging ingeneem is, intussen vrygelaat omdat hy nie met die moord op Peterson verbind kon word nie. Sy sê Peterson het verskeie steekwonde opgedoen.  

Haar motor is verlede week verlate op Seloja, Meloding, gevind.

Die verdagte verskyn na verwagting vanmiddag in die Virginia-landdroshof.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.