On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Veelbesproke Hlaudi-fees lei tot harde woorde

───   CATHY DLODLO 15:12 Mon, 27 Mar 2017

Veelbesproke Hlaudi-fees lei tot harde woorde | News Article

Bloemfontein - Die veelbesproke musiekfees ter ere van die omstrede voormalige SAUK hooggeplaasde, Hlaudi Motsoeneng, het gesorg vir harde woorde tussen die DA en die ANC tydens 'n sitting van die provinsiale wetgewer.


Die fees, wat die afgelope naweek in die Phuthaditjhaba-stadion in Qwaqwa gehou is, het vir media-opskrifte gesorg nadat dit bekend geword het dat die reeds arm Maluti-A-Phofung-munisipaliteit dit gereël het. Die munisipaliteit se sake word tans deur die Openbare Beskermer ondersoek. 

Die DA se Leona Kleynhans het die fees ‘n belediging vir die inwoners van Qwaqwa genoem. 

Sy sê Motsoeneng het die SAUK op die randjie van bankrotskap gelaat. Kleynhans sê hy het ook ‘n multi-miljoenrandse behuisingskontrak gekry van die provinsiale departement van Menslike Nedersettings om 400 huise te bou, maar geen bouwerk het plaasgevind nie. Dit, sê Kleynhans, maak van Motsoeneng ‘n dief.

Sport, Kuns en Kultuur LUR Mmatabo Leeto, het egter teruggekap en gesê die DA reageer so omdat die fees tot die bevordering van swart kunstenaars gelei het. Sy het ook gesê Motsoeneng laat 'n nalatenskap van 90% plaaslike inhoud by die openbare uitsaaier agter, wat ook die bevordering van swart kunstenaars verseker. 

Volgens berigte het die munisipaliteit ontken dat belastingbetalers se geld vir die fees betaal het.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.