Local News
Parys boer sterf na aanval op plaas─── DANE BEISHEIM 15:31 Fri, 21 Apr 2017

Parys - Die 87-jarige boer Klein Harmse, wat Woensdagaand omstreeks 19:00 in sy huis op sy plaas sowat 25km van Parys in die Vrystaat naby die R500 met 'n hammer aangeval is, is vroeër vanmiddag oorlede.
Volgens Sarel van der Wat van die Vaalrivier-rampbestuur het Harmse erge kopbeserings tydens die aanval opgedoen, en is hy weens die ernstige aard daarvan omstreeks 14:00 vanmiddag oorlede. Harmse het alleen op die plaas gebly. Bure en sekuriteit was vinnig om te reageer nadat die sekuriteitsalarm in die huis afgegaan het. Van der Wat sê daar is gerugte dat 'n verdagte in hegtenis geneem is in verband met die voorval, en na die Buffelshoek polisiestasie geneem is. OFM kon tot dusver nie bevestiging by die polisie bekom nie.
- OFM-Nuus