On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Patoloog getuig verder in Parys-vigilantemoordsaak

───   DANE BEISHEIM 09:08 Tue, 16 May 2017

Patoloog getuig verder in Parys-vigilantemoordsaak | News Article

Parys - Dr. Buang Lairi, die patoloog wat die lykskouings op twee vermeende plaasaanvallers, Simon Jubeba en Samuel Tjixa, verlede jaar gedoen het, sal vandag weer onder kruisondervraging getuig in die veelbesproke Parys-vigilantemoordsaak.


Dié getuienis sal vandag tydens ‘n sitting van die Hooggeregshof in Parys se Landdroshof aangehoor word. Boeta van derWesthuizen, Anton Loggenberg, Henk Prinsloo, Cor Loggenberg, Loedie van derWesthuizen en Miela Jansen van Vuuren staan tereg op aanklagte van moord op 6 Januarie verlede jaar. 

Die saak is vroeër uitgestel sodat die hof ’n dringende aansoek deur die SABC kon aanhoor om kameras tydens verrigtinge in die hof toe te laat. Regter Corné van Zyl het egter besluit om voort te gaan met die kriminele saak en sal haar beslissing op die uitkoms van ’n soortgelyke aansoek in die Henri van Breda-moordsaak baseer. Lairi het onder meer getuig dat die mans albei weens breinbeserings dood is. 

Die slagoffers is glo doodgeslaan ná ’n beweerde mislukte plaasaanval op Boeta se pa, Loedie sr. Die oorledenes se familie het dit egter ontken en sê Tjixa en Jubeba is tydens 'n loongeskil deur die boere doodgeslaan. Van der Westhuizen, wat in die Weiveldgebied net buite Parys woon, voer egter aan dat hy ’n noodknoppie gedruk het om hulp te ontbied nadat hy deur minstens drie mans op sy plaas aangeval is. 

Die ses verdagtes staar twee klagte van moord in die gesig, met 'n bykomende klag van regsverydeling teen die Van der Westhuizens wat volgens getuies al die betrokkenes se skoene laat verbrand het.

Die saak is tot 26 Mei op die hofrol geplaas.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.